Aangesien die tegnologiese studierigting gespesialiseerd is, beskik slegs ‘n volwaardige hoërskool vir tegnologie soos HTS John Vorster, oor die vakspesialiste en gesofistikeerde toerusting wat ‘n waarborg is vir ononderbroke standaardonderrig en-opleiding.
HTS John Vorster is die enigste skool in die omgewing wat AL NEGE tegnologievakke met hulle spesialiseringsrigtings aanbied.
Afrikaans en Engels
Afrikaans Huistaal en Engels Eerste Addisionele Taal is verpligtend van graad 8 tot graad 12.
Natuurwetenskappe
Natuurwetenskappe is in graad 8 en 9 verpligtend.
In graad 10 tot 12 mag ‘n leerder kies tussen Fisiese Wetenskappe óf Tegniese Wetenskappe.
In graad 12 is Fisiese Wetenskappe óf Tegniese Wetenskappe ‘n verpligte vak.
Ekonomiese & Bestuurswetenskappe
EBW is verpligtend in graad 8 en 9
Wiskunde
Wiskunde is van graad 8 tot 12 verpligtend.
In graad 10 tot 11 mag 'n leerder kies tussen Wiskunde óf Tegniese Wiskunde
In graad 12 is Wiskunde óf Tegniese Wiskunde ook 'n verpligte vak
Sosiale Wetenskappe
SW is verpligtend in graad 8 en 9
IGO - Ingenieursgrafika en Ontwerp
IGO is verpligtend van graad 8 tot 12.
In graad 8 en 9 word basiese teken- en tegnologietegnieke aangeleer
Lewensoriëntering
Lewensoriëntering is verpligtend van graad 8 tot 12
Skeppende Kuns
SK is verpligtend in graad 8 en 9
Verpligte vakke van graad 8 en 9
Afrikaans Huistaal
Engels Eerste Addisionele Taal
Wiskunde
Natuurwetenskappe
Skeppende Kunste
Ekonomiese en Bestuurswetenskappe
Sosiale Wetenskappe
Lewensoriëntering
Tegnologie
Ingenieursgrafika en Ontwerp
Tegnologie
Inleidende onderrig in Elektriese Tegnologie, Meganiese Tegnologie en Siviele Tegnologie (om basiese tegniese vaardighede te bemeester) is verpligtend in graad 8 en 9. Dié vakke word op rotasiebasis aan alle leerders bekendgestel. In graad 10 kies 'n leerder een rigting uit 'n moontlikheid van nege rigtings
Elektriese/Elektroniese Tegnologie
Elektronika
Elektrisiënswerk
Digitale stelsels (Druk op die skakel hier onder om meer te leer oor Elektriese Tegnologie)
Meganiese Tegnologie
Paswerk en Masjinering
Motorwerktuigkunde
Sweis en Metaalbewerking (Druk op die skakel hieronder om meer te leer oor Meganiese Tegnologie)
Siviele Tegnologie
Boukonstruksie
Houtbewerking
Siviele Dienste (Druk op die skakel hieronder om meer te leer oor Siviele Tegnologie)