Vanaf 2014 tot 2019 het die getal spelers gegroei vanaf 26 na 64 leerders. HTS John Vorster het die grootste hoeveelheid spanne vir die 2019-seisoen ingeskryf, naamlik VYFTIEN spanne, waarvan VIER meisiespanne was.
Ons toegewyde afrigters en veral spelers, maak van jukskei ‘n gewilde en lekker spansport. Hier is ons gelukkig en verteenwoordig ons die skool met groot vreugde by alle toernooie
Afrigters:
Mnr Johan Steyn
Mev Renate Hattingh
Oefentye:
Dinsdae en Donderdae
14:10-15:10
Oefenplek:
Die skool se jukskeibane
Drag tydens toernooie:
JV-drag
JV-sweetpak
Hoogtepunte tydens 2019-seisoen
Ons het die trofee vir Hoërskole-groottotaal gewen. Ons O/16 A-seunspan wen die Gauteng-Noordliga, asook die Noordvaaltoernooi te Pietersburg (die ou Direkteurstrofee)
LeMar Janse van Rensburg en Evan Prinsloo verteenwoordig Gauteng- Noord Jukskei by die SA Kampioene in Kroonstad waar hulle span ook die liga gewen het.
Baie dankie aan elke speler wat bydra tot die groot sukses van juksei die afgelope vier jaar en
dankie aan elke ouer wat hul kind so mooi ondersteun.