Vir ons as afrigters is krieketafrigting ‘n passie en ‘n lewenswyse. Ongeag of dit vir ‘n B-span of die eerstespan is, doen ons dit met dieselfde toewyding. Behalwe dat ons verskeie vlak 2-gekwalifiseerde afrigters het, is die entoesiasme ‘n uitstaande kenmerk van al ons afrigters.
Ons krieketfasiliteite is van hoogstaande gehalte – wat oefengeriewe verskaf aan vyf spanne wat gelyktydig oefen. Ons het ‘n baie goeie turf-kolfblad met uitstekende spreiligte, sodat daar in die aand krieket gespeel kan word. Verder beskik ons oor al die nodige toerusting wat ons bekwame afrigters in staat stel om professioneel af te rig.
Ons spanne onderneem gewoonlik ‘n kriekettoer gedurende die Junie-/Julie-skoolvakansie. Onder ons bekwame afrigters vind daar in die afseisoen, individuele afrigting plaas waar daar aan kolf- en boultegnieke geskaaf word.
Afrigters:
- Mnr Peet van der Westhuizen
- Mnr FC Nel
- Mnr Keagen van Eck
- Mnr Francois Stolp
- Mnr Johan Scholtz
- Mnr Dirk Wessels
- Mnr Phillip Klopper
Oefentye:
Daar is dwarsdeur die jaar krieketoefeninge, maar die ernstige oefening begin in die derde kwartaal op:
Maandae, Dinsdae en Donderdae : 14:00 tot 16:30
Wedstryddae:
Die eerstespan speel op Saterdae wedstryde; ander spanne speel op Maandae en Donderdae wedstryde.
Oefenplek:
Krieketveld en krieketnette by A- en C-rugbyvelde
Drag tydens wedstryde:
- wit kriekethemp,
- wit langbroek
Hoogtepunte:
Die JV-krieketspan het reeds by 3 geleenthede die krieketaandreeks gewen.
Ons speel krieket gedurende die eerste en derde kwartaal van die jaar. Die meeste ligas eindig gewoonlik eers in die vierde kwartaal.
Verder speel ons 1ste Span, o/14-en o/15-spanne weer in die B-afdeling van die Platinumliga van die Northerns Cricket Union.
Ons spog ook met ons eersteste span wat, onder leiding van mnre Peet van der Westhuizen en Vian Venter, die Buurmanskaptrofee vir 2019 gewen het.