HTS John Vorster spog met twee netbalbane reg langs die lapa wat vir ‘n unieke uitsig oor die hele Pretoria sorg. Toeskouers kan gemaklik na die netbal kom kyk.
Netbal vind plaas in kwartale 1, 2 en 4 en die ligawedstryde vind in kwartaal 2 plaas.
Afrigters:
- Mev Jacolene van der Merwe: o/14
- Mev Annemiek Venter: o/15
- Mev Bianca du Plessis: o/16
- Mev Inge Grobbelaar: Tweedespan
- Mev Anél de Beer: Eerstespan
Oefentye:
Maandae:
o/14 en o/15: 14:30 – 16:00
o/16 en tweedespan: 15:30 – 17:00
Eerstespan: 15:00 – 16:30
Dinsdae:
o/14 en o/15: 15:30 – 17:00
o/16 en tweedespan: 14:30 – 16:00
Eerstespan: 14:30 – 16:00
Donderdae:
o/14 en o/15: 14:30 – 16:00
o/16 en tweedespan: 15:30 – 17:00
Eerstespan: 15:00 – 16:30
Oefenplek:
Die skool se netbalbane
Drag tydens wedstryde:
Blou-en-wit rompie; blou-en-wit hempie met wit kouse en tekkies (netbaldrag)
Die eerstespan dra die nuwe, goedgekeurde drag van die spesifieke jaar.
Hoogtepunte tydens die 2019-seisoen:
JV-Netbal het reeds vanweë harde werk en ontwikkeling in die spelers se vaardighede, verskeie prestasies behaal.
Ons het vanaf 2014-2019 tweede in ons liga geëindig. In 2019 het die liga verander na die Emerald Liga en spanne eindig derde.
Ons o/16 A-dogters WEN hulle liga in 2019.