HTS John Vorster het al die jare aan die boonste Noord-Transvaalse Rugbyskoleliga deelgeneem. Dit was die jare waar liga-uitdunne in Pretoria volgens sterkte gegroepeer was. Gedurende daardie tydperk was JV’s, soos vandag nog, deel van die boonste groepering wat bekend was as die A-bond skole. In die tyd van die bondeliga het skole van bond verskuif na gelang van die prestasie op jaarlikse basis. Vandag neem JV’s steeds deel aan die A-Bond, maar dit staan bekend as die Makro-Skoleliga, wat bestaan uit net die sterkste, uitgesoekte skole in Pretoria.
In 1974 wen JVs se eerstespan die destydse Administrateursbeker met later in die 90’s, die naam Direkteurstrofee en later as die Beeldtrofee bekend gestaan het. Vandag staan dit bekend as die Virseker Beker. In die jaar 2000 speel JV’s se eerstespan vir ‘n tweede keer in die eindstryd, maar dié keer om die huidige Beeldtrofee. Met ‘n naelskraaptelling wen JV’s die silwer medalje op ons tuisveld teen Hoërskool Ermelo. Springbok Jacques Cronjé, was in die wedstryd die JV-kaptein en ook die enigste speler uit al Pretoria se bekendste rugbyskole, wat vir die SA-skolespan in 2000 gekies word.’
Vele Noord-Transvaal/Bloubul/Cravenweekspelers EN Curriebekerspelers word deur die jare deur HTS John Vorster opgelewer, naamlik:
Gys Pitzer
Louis van Rensburg
Koot Nieuwhoudt
Die Williamson-broers (Andrew en Raymond)
Angelo van Rensburg
Hennie Harding
Die Cronje-broers (Jacques en Geo)
Joe Beukes
Henkie Schutte
Johan Bester
Tian Schoeman
Afrigters:
Mnr Martin Steyn
Mnr Niel de Vaal
Mnr Phillip Klopper
Mnr Johan Pieterse
Mnr Peet van der Westhuizen
Mnr Erich Broodrijk
Mnr Johan Scholtz
Mnr Nico Westenraad
Mnr Francois Avenant
Mnr Ben van der Merwe
Mnr Jacques Kruger
Mnr Ruan Vermaak
Christopher Smit
FC Nel
Willem Adriaan van Greunen
Dean Potgieter
Oefentye:
Maandae, Dinsdae en Donderdae: 14:30 – 17:00
Oefenplek:
Skool se rugbyvelde
Drag tydens wedstryde:
JV-rugbydrag:
wit broek,
JV-trui,
skipants (wit of swart – opsioneel),
second skin (wit – opsioneel),
tweedespan dra arendetrui,
eerstespan dra voorseisoen- of wit trui
Hoogtepunte van 2019-seisoen
Ons o/16A-span was die Stadbekerwenners. Die derde- en o/16B-spanne het hul ligas gewen. Michael Huart word in die Bulle se 0/16C-span verkies en Jerry Mashaba in die 0/18C-span.