Die finansiële kantoor hanteer alle finansies van die skool – insluitend skoolfondsbetalings.
Verskeie betalingsopsies word aangebied.
Skoolfondsrekeninge is vooruitbetaalbaar, maar daar word vergunning gegee vir maandelikse afbetaling. Skoolgeldrekeninge word maandeliks per e-pos aan ouers gestuur. Indien u nie state ontvang nie, kontak asseblief die finansiële kantoor.
SKOOLGELD 2024
R 28,406.00
R800,00 KORTING VOOR 28/02/2024 as skoolgeld ten volle betaal word
R800 Gesinskorting van dieselfde biologiese ouers vir 2de kind
Graad 8 – Graad 11
11 x Paaiemente Januarie tot November (voor 7de van elke maand)
R2,583.00
Graad 8 – Graad 11
2de KIND: 11 x Paaiemente Januarie tot November (voor die 7de van elke maand)
R2,510.00
Graad 12
10 x Paaiemente Januarie tot Oktober (voor die 7de van elke maand)
R2,841.00
IT GELDE
R4,300.00
10 x Paaiemente Januarie tot Oktober (voor die 7de van elke maand)
R430.00
Bankbesonderhede:
HTS JOHN VORSTER
ABSA
BEN SWART-TAK (TAKKODE: 334 645)
REKENINGNOMMER: 90750569
VERWYSINGSNOMMER: _____________ U KIND SE TOELATINGSNOMMER.
(DIT IS UITERS BELANGRIK, AANGESIEN ONS DIT GEBRUIK OM DIE GELD TE ALLOKEER NA U REKENING)
Uitsluitings:
Inligtingstegnologie word na-ure aangebied as addisionele vak teen R4 200 per jaar –
betaalbaar oor 10 maande vir graad 10 & 11 (Januarie – Oktober);
betaalbaar oor 9 maande vir graad 12 (Januarie – September)
Indien ‘n leerder gedurende die jaar die Inligtingstegnologieklasse sou staak, sal die klasgelde steeds betaalbaar bly.
Toere word opsioneel aangebied en sal waar moontlik gedeeltelik deur die skoolfonds gedek word en gedeeltelik deur die ouers befonds word.
Matriekafskeid sal ook slegs gedeeltelik die skool en die ouers befonds word.
SLUITKASSIES 2024:
Ons skool beskik oor sluitkassies wat leerders vir hul sporttoerusting en addisionele boeke mag gebruik. Die volle skoolreëls geld rakende enige verbode items; geen sodanige items/voorwerpe mag in die sluitkassie gestoor word nie.
Elke leerder is ook verantwoordelik vir sy eie slot en om sy/haar sluitkassie gesluit te hou.
Sluitkassies kan by mev Ilza van Rensburg in die finansieskantoor per e-pos bespreek word by finansies@htsjv.co.za. ‘n Sluitkassie word slegs aan ‘n leerder toegeken wanneer die volle bedrag betaal is. ’n Gewone sluitkassie kos R280 en die krieket-sluitkassies R410 per jaar.
‘n Sluitkassie word vanaf 1 Januarie 2024 tot 30 November 2024 gehuur.
Ter wille van kontrole, kan daar SLEGS KONTANT vir ‘n sluitkassie betaal word. GEEN ELEKTRONIESE BETALING vir ‘n sluitkassie sal aanvaar word nie. Gee asseblief aan u kind die korrekte bedrag, want daar is geen kleingeld in die finansieskantoor beskikbaar nie.
Sluitkassies kan vanaf 20 November 2023 in die finansieskantoor (op die eerste vloer van die hoofgebou) by mev Ilza van Rensburg betaal en bespreek word.
GEEN VERANTWOORDELIKHEID WORD AANVAAR VIR ENIGE GOEDERE WAT IN DIE SLUITKASSIE GESTOOR WORD NIE
HANDBOEKE:
‘n Handboek gebruikersfooi sal gehef word per leerder teen ‘n bedrag van R250,00 vir die 2024 boekjaar. Hierdie fooi is nie ‘n terug betaalbare deposito nie en word slegs eenmalig per jaar gehef vir die gebruik van die handboeke.
Die fooi sal op die skoolgeld rekeninge gehef word en is betaalbaar voor 28 Februarie 2024.
Hierdie fooi sal nie deel vorm van enige vrystellings aansoek nie.
Finansiële Resolusie: Druk op DIE skakel vir die vorm.