Voltwagen Sonkar

Ons Voltwagen Sonkar is ontwikkel en gebou deur  die Tshwane University of Technology (TUT) vir hul deelname aan die 2016-Sasol Solar Challenge en is in 2019 aan die skool geskenk.  Die Genuine JV- Sonkarspan het vanaf Januarie 2020 elke oomblik wat hulle kon afstaan, gewerskaf om al die nodige veranderinge aan die kar aan te bring om aan die nuwe vereistes vir die 2021/22-kompetisies te voldoen.

In September 2021 het die Genuine JV-Sonkarspan die Kathu-tot-Kuipe-Padrit suksesvol afgelê.  Verdere ritte word beplan.  

Die span het die Voltwagen ook uitgestal by Kragdag 2021 – ʼn platform waar ondernemers, die publiek en innoverende idees by mekaar uitgebring word.

Verder is die Voltwagen ingeskryf om deel te neem aan die Ilanga Cup (geslotekring-resies) in Julie 2022, asook die Sasol Solar Challenge in September 2022 (padreis van Johannesburg na Stellenbosch).  

Die Voltwagen Sonkar is aangewys as die skool se 2021-Nuusmaker van die Jaar!

Die Genuine JV- Sonkarspan is een van net twee skoolsonkarspanne in Suid-Afrika. 

SONKARDEELNAME

As deel van die leerervaring, word skoliere, ouers en onderwysers aangemoedig en uitgenooi om die ontwerpkonsepte van die bestaande sonkar te verbeter. Aspekte waaraan gewerk sal word, sluit die volgende in:

  • verbetering van aërodinamiese weerstand;
  • basiese kennis van battery-konfigurasies en bestuur;
  • verbetering van die skarnierwerking van die boonste deel van die sonkar (grafiese tekeninge, ontwerp en vervaardiging);
  • begrip van die suspensie, meganiese remmeganisme en wielsporing;
  • vervaardiging van ‘n nuwe skerm om voor en agter die sonkar te kan sien;
  • begrip van die strategie, spanbestuur, logistiek, bemarking en fondswerwing vir ‘n sonkarspan;
  • addisionele tegniese werk, soos programmering, bedrading, veiligheidsdokumentasie, ens.

Die projek fokus op die begrip van fundamentele ontwerpkonsepte en die faktore wat die werking van die sonkar beïnvloed.

Die kennis, vaardighede en ervaring wat tydens die praktiese implementering van hierdie realistiese lewensprojek opgedoen is, behels verskeie dissiplines soos:

  • projekbestuur,
  • spanbestuur,
  • bemarking,
  • spandinamika, 
  • logistiek,
  • multidissiplinêre spanwerk,
  • die vermoë om onder druk te werk,
  • die vermoë om onderling verwante probleme op te los. 
Solarkar-projek Facebookblad

Genuine JV-Sonkarspan

Die Genuine JV- Sonkarspan is ‘n multidissiplinêre span wat nou saamwerk om die projek se drome ‘n werklikheid te maak.

Genuine JV-Sonkarbestuurspan:

  • Spanbestuurder: Dr Marlize Kantor;
  • Tegniese bestuurder: Mnr Hannes Venter;
  • Bemarking en Fondswerwing: Mev Arlené Oosthuizen;
  • Logistieke bestuurder: Mev Erika de Vries;
  • Skoolverteenwoordiger:  Mev Helma van Rooyen.

Vir Borgskappe / Donasies, kontak ons fondsebestuurder by  htsjvfondsbestuur@htsjv.co.za

Copyright © 2021 HTS John Vorster. Alle Regte Voorbehou.

w
afAfrikaans

Jou mandjie

Insamelings by die skool gedoen

Mandjie is leeg

Subtotaal
R0.00
DOEN AANSOEK
0