JV-Tennis

Die skool skryf jaarliks verskeie senior en junior spanne vir die liga in. Alle spelers ontvang een keer per week gratis, professionele afrigting.  Hierdie jaar het ons twee junior en twee seniorspanne.

Cochrane Tennis Afrigting (CTC) is al vir die afgelope sewe jaar verantwoordelik vir die afrigting van JV-skooltennis. CTC bied ook aan leerlinge die geleentheid om hulle beste te lewer en tennis as ‘n lewenslange leefstyl te ontwikkel.

CTC maak gebruik van Waverley Tennisklub vir afrigting en wedstryde, omdat ‘n groot hoeveelheid JV-leerlinge reeds lid is by Waverley Tennisklub.

Afrigters:

Mnr Louis Kritzinger

Oefentye: 

Gratis afrigting vind plaas tydens kwartaal 1 en 2

Maandae: 14:15 – 16:00

Wedstryddae:

  • Juniors: Donderdag
  • Seniors: Vrydae

Oefenplek:

Waverley Tennisklub in Breyerlaan

Drag tydens wedstryde:

  • JV-drag;
  • eerste- en o/15-span dra die goedgekeurde drag van die spesifieke jaar.

Hoogtepunt van 2019-seisoen:

Ons eerstespan het al hul wedstryde gewen

Organiseerder

Mev Annemiek Venter

Copyright © 2021 HTS John Vorster. Alle Regte Voorbehou.

w
afAfrikaans

Jou mandjie

Insamelings by die skool gedoen

Mandjie is leeg

Subtotaal
R0.00
DOEN AANSOEK
0