Brugbou

Die brugboukompetisie is ‘n jaarlikse instelling.

 

Leerders van gr 8 – 11 ontvang twintig houtbalkies, ‘n pakkie gom en een meter tou om ‘n brug mee te bou. Deeglike beplanning en baie goeie spanwerk word vereis sodat die brug binne drie ure voltooi kan word. Die spesifikasies waaraan elke brug moet voldoen, word eers op die dag van die kompetisie bekend gemaak.

logo-background
sport-admin-background-hexogons

ORGANISEERDER

Mnr Flip Van Rooyen

Brugboukompetisie

Die brugboukompetisie bied aan leerders die geleentheid om in spanverband baie pret te ervaar, terselfdertyd onder druk saam te werk, te organiseer en verskillende rolle te vertolk.

 

Die ergste spanning word beleef wanneer die brûe getoets word ten aanskoue van medeleerders en kompeteerders.

 

Daar word in twee kategorieë meegeding:

  • die mees estetiese brug en
  • die brug wat die grootste las tot sy eie massa kan dra, is die uiteindelike wenner.

 

Ons het in 2019 ‘n borgskap van 50 buisies gom van Pratley ontvang en ons kon die verskil aan ons brûe sien deurdat ‘n groot aantal brûe laste van tot 60 kg kon dra,

w
afAfrikaans

Jou mandjie

Insamelings by die skool gedoen

Mandjie is leeg

Subtotaal
R0.00
DOEN AANSOEK
0