Jukskei

Vanaf 2014 tot 2019 het die getal spelers gegroei vanaf 26 na 64 leerders.

 

HTS John Vorster het die grootste hoeveelheid spanne vir die 2019-seisoen ingeskryf, naamlik VYFTIEN spanne, waarvan VIER meisiespanne was.

logo-background
background-hexogon-sport

Ons toegewyde afrigters en veral spelers, maak van jukskei ‘n gewilde en lekker spansport.

 

Hier is ons gelukkig en verteenwoordig ons die skool met groot vreugde by alle toernooie.

 

Afrigters:
Mev Renate Hattingh
Me Janelda Röntgen
Mnr H Malan

 

Oefentye:
Maandae, Dinsdae en Donderdae
14:15 – 15:30

 

Oefenplek:
Die skool se jukskeibane

Drag tydens toernooie:
JV-drag
JV-sweetpak

Hoogtepunte tydens 2023-seisoen:

Ons het in 2023 6 spanne gehad wat aan die skoleliga deelgeneem het. Ons spanne het baie goed presteer en 5 uit die 6 het in die top 3 van hul onderskeie afdelings geëindig. Die uitslae was soos volg:
Eerste span: 1ste plek in die A-afdeling
2 de span: 2de plek in O/19- gemengafdeling
3 de span (C-stes): 1ste plek in die O/19 B-afdeling
O/16B: 3de plek in die O/16 B-afdeling
O/16C: 1ste plek in die O/16 B-afdeling

 

Ons Eerste span het ook 2de plek by die Noordvaal Toernooi behaal. (Die ou Direkteurstrofee)

 

Ons hele eerste span verteenwoordig Gauteng- Noord Jukskei by die SA Kampioenskappe in Kroonstad.
Evan Prinsloo, Durandt Bezuidenhout en Paulo van Niekerk is ook gekies vir die SA-span.
Ons eerstespankaptein, Evan Prinsloo, gaan in 2024 Suid-Afrika in Namibië verteenwoordig.

 

Baie dankie aan elke speler wat bydra tot die groot sukses van jukskei en dankie aan elke ouer wat hul kind so mooi ondersteun.

sport-admin-background-hexogons

ORGANISEERDER

Mev Renate Hattingh

w
afAfrikaans

Jou mandjie

Insamelings by die skool gedoen

Mandjie is leeg

Subtotaal
R0.00
DOEN AANSOEK
0