Krieket

Krieket by HTS John Vorster lê ons baie na aan die hart en word reg deur die jaar beoefen.

 

Gedurende die eerste kwartaal neem van ons A-spanne deel aan die IXU School Series. In kwartaal drie en vier neem ons aan die Northerns(NCU)-liga deel. Die eerstespan speel op Saterdae 50-beurtwedstryde. Die o/14 A- en o/15-spanne speel gedurende die week ook 50- beurtwedstryde, terwyl die res van die spanne 20-beurtwedstryde speel.

 

Ons spog met ‘n groot aantal seuns wat krieket speel – met nie minder nie as ses spanne wat aan formele ligas deelneem.

 

‘n Groot hoogtepunt en eer vir elke JV-krieketspeler,  asook vir die buurskole, is om vir die Pro 20- Aandreeksspan gekies te word. Die liga vind gedurende die vierde kwartaal plaas en ons en drie van ons buurskole neem aan die Chris Steinmann Pro 20-Aandreeks deel.

logo-background
background-hexogon-sport
Vir ons as afrigters...

is krieketafrigting ‘n passie en ‘n lewenswyse. Ongeag of dit vir ‘n B-span of die eerstespan is, doen ons dit met dieselfde toewyding. Behalwe dat ons verskeie vlak 2-gekwalifiseerde afrigters het, is die entoesiasme ‘n uitstaande kenmerk van al ons afrigters.

 

Ons krieketfasiliteite is van hoogstaande gehalte – wat  oefengeriewe verskaf aan vyf spanne wat gelyktydig oefen. Ons het ‘n baie goeie turf-kolfblad met uitstekende spreiligte, sodat daar in die aand krieket gespeel kan word. Verder beskik ons oor al die nodige toerusting wat ons bekwame afrigters in staat stel om professioneel af te rig.

 

Ons spanne onderneem gewoonlik ‘n kriekettoer gedurende die Junie-/Julie-skoolvakansie. Onder ons bekwame afrigters vind daar in die afseisoen, individuele afrigting plaas waar daar aan kolf- en boultegnieke geskaaf word.

Vorster opgelewer, naamlik:
  • Mnr Peet van der Westhuizen
  • Mnr FC Nel
  • Mnr Keagen van Eck
  • Mnr Francois Stolp
  • Mnr Johan Scholtz
  • Mnr Dirk Wessels
  • Mnr Phillip Klopper

Oefentye: 

Daar is dwarsdeur die jaar krieketoefeninge, maar die ernstige oefening begin in die derde kwartaal op:

Maandae, Dinsdae en Donderdae : 14:00 tot 16:30

Wedstryddae:

Die eerstespan speel op Saterdae wedstryde; ander spanne speel op Maandae en Donderdae wedstryde.

Oefenplek:

Krieketveld en krieketnette by A- en C-rugbyvelde

Drag tydens wedstryde:

  • wit kriekethemp,
  • wit langbroek
Hoogtepunte:

Die JV-krieketspan het reeds by 3 geleenthede die krieketaandreeks gewen.

 

Ons speel krieket gedurende die eerste en derde kwartaal van die jaar. Die meeste ligas eindig gewoonlik eers in die vierde kwartaal.

 

Verder speel ons 1ste Span, o/14-en o/15-spanne  weer in die B-afdeling van die Platinumliga van die Northerns Cricket Union.

 

 

Ons spog ook met ons eersteste span wat, onder leiding van mnre Peet van der Westhuizen en Vian Venter, die Buurmanskaptrofee vir 2019 gewen het.

Hoogtepunte van 2019-seisoen

 

Ons o/16A-span was die Stadbekerwenners.  Die derde- en o/16B-spanne het hul ligas gewen.  Michael Huart word in die Bulle se 0/16C-span verkies en Jerry Mashaba in die 0/18C-span.

sport-admin-background-hexogons

ORGANISEERDER

Francois Avenant

w
afAfrikaans

Jou mandjie

Insamelings by die skool gedoen

Mandjie is leeg

Subtotaal
R0.00
DOEN AANSOEK
0