Kultuur

HTS John Vorster spog met ‘n wye verskeidenheid kultuuraktiwiteite waaraan leerders kan deelneem. Op die gebied van redenaars, is die JV’s uiters kompeterend en welbekend op plaaslike, sowel as nasionale vlak.

 

HTS John Vorster neem ook met groot welslae deel aan kunswedstryde, kunstefeeste en sangkompetisies.

logo-background
sport-admin-background-hexogons

ORGANISEERDER

Mev Anél Groenewald

Kultuurdeelname

 

Kultuurdeelname is deurlopende harde werk wat vereis dat individue hul kultuuraktiwiteite baie ure agter die skerms inoefen.

 

Ons bied die volgende geleenthede by ons skool aan waar leerders hul talente kan ontwikkel en ten toon stel:

 

  • Redenaars (Engels en Afrikaans);
  • Kultuurdag –  waartydens leerders die geleentheid kry om enige talente te kom wys. Dié aktiwiteit is ‘n hoogtepunt op ons kultuurkalender en duur die hele middag waar ons ons verlustig in die JV’s se optredes;
  • Glansfees – waartydens die sterre van ons kultuuraktiwiteite weer eens hul talente tydens ‘n spoggeleentheid vir almal wys;
  • Sanggroep – waaraan enigeen wat kan sing, kan deelneem.

Kultuurdag

Ons hou elke jaar aan die begin van Maart, ‘n kultuurdag waartydens die JV’s geleentheid kry  om te kom spog met hul talente, soos bv. toneelspeel, voordrag van prosa en poësie, sang, klavierspel, dans, akrobate, orkes of instrumentale werk, ens. ens.  Dit is ‘n wonderlike geleentheid om jou te kan verlustig in al die talent. Die wenners in elke kategorie, kry geleentheid om sy/haar item weer tydens ons Glansfees te lewer.

 

Dit is ‘n dag waarna alle JV’s uitsien.

Glansfees

Hierdie fees is vir die eerste keer in 2019 aangebied en was ‘n reuse sukses en ‘n glansryke aand vol talent. Ons betrek skole in ons gemeenskap waar leerders uit ander skole ook die geleentheid kry om hul talente met die gemeenskap – by ons skool – te kom deel. Leerders lewer enige item  – sang, voordrag, drama, dans, kuns, ens.  Dit is ‘n onvergeetlike, kultuurryke aand wat tydens die tweede kwartaal plaasvind.

 

Dit is nog ‘n hoogtepunt op ons kalender!

Sangroep

Ons het in 2020 ‘n nuwe kulturele avontuur aangepak en ‘n sanggroep begin. Oudisies is gehou en ons is baie bevoorreg om ‘n hele aantal talentvolle sangers in ons groep te kan hê.

 

Ons het ‘n professionele sangafrigter wat ons hiermee help, nl. me. Eunice Kemp.  Ons oefen Maandagmiddae direk na skool en op hierdie stadium sing ons nog dat die note klap.  Ons beplan om soveel moontlike blootstelling en optredes vir ons sanggroep daar te stel en het ‘n eindjaarkonsert as einddoel.  Ons is seker ons gaan ons jaar oopsing!

Redenaars

Waarom is redenaars belangrik?

 

​`n Redenaarstoespraak kan aangepas word deur die spreker om verskillende doelwitte te bereik. `n Toespraak kan oorredend wees, dit kan insiggewende feite oordra en kennis verbreed of dit kan sommer net vermaaklik wees.

 

Elke toespraak begin egter op dieselfde punt. Daar moet navorsing gedoen word, die inligting moet gesif word en dan moet die inligting weer aanmekaar gesit word om `n logiese praatjie, wat in sy doel slaag, te produseer. Dit is vir seker ook nie maklik om voor `n groep mense te staan en vir ‘n tydperk hulle volle aandag te behou en dan ook hoorbaar, verstaanbaar en oortuigend te wees met jou inligting nie.

 

Redenaars het dus die voordeel dat dit `n leerder se leierseienskappe, selfvertroue, logiese denke, algemene kennis (en ook taalkennis!), deursettingsvermoë, en sy vermoë om onder druk te kan werk, ontwikkel.

 

Die uitdunrondes vir die interne redenaars word in Februarie gehou vir beide – Afrikaans Huistaal en Engels Eerste Addisionele Taal. Die Interne Redenaarsfinaal is `n spoggeleentheid wat einde-Februarie gehou word om die topredenaars van die skool te bepaal.

 

In 2020 is Phebe Venter ons topsenior redenaar in beide Afrikaans en Engels en Zaylee-Ann Olwage, is ons topjunior redenaar in albei afdelings. Ons hou hul vordering met afwagting dop in 2020.

 

Vervolgens word daar aan verskeie provinsiale en nasionale kompetisies, wat deur eksterne organiseerders gereël word, deelgeneem.

 

Verdere kompetisies waaraan JV-sprekers deur die jaar deelneem, is:

 

Mei en September: Kansvatter-Redenaars;

 

Augustus:  Oppie-Tong-Af-Redenaars en Radikale Redenaarskompetisie

Verantwoordelike persone:

  • Redenaars: Mev Marike Geyser
  • Kultuurdag: Mev Daleen Breitenbach
  • Glansfees: Mev Anel Groenewald
  • Sanggroep: Mevv Anél Groenewald en Bianca du Plessis
  • Kunswedstryde/kunsfeeste/kompetisies/ens: Mev Magda Neveling

 

Hoogtepunte tydens 2019

Lané Smit in gr. 11 en Zaylee-Ann Olwage in gr. 8, presteer uitmuntend in verskeie redenaarskompetisies in sowel die Engelse en Afrikaanse afdelings. Zaylee-Ann Olwage dring deur na die Nasionale Redenaarsfinaal van die Radikale Redenaars.

 

Pierre van der Merwe in gr. 8, maak groot opslae in 2019 met sy fenomenale sangtalent. Hy wen nie minder as agt afdelings deur die loop van die jaar in verskeie kunswedstryde nie en hou die JV’s se naam hoog op kultuurgebied.

w
afAfrikaans

Jou mandjie

Insamelings by die skool gedoen

Mandjie is leeg

Subtotaal
R0.00
DOEN AANSOEK
0