Landloop

HTS John Vorster se landloop doen besonders goed in die Moot-omgewing.  Ons neem deel in die B-liga. 

 

Ons bekwame, toegewyde afrigter dra sy passie oor aan die leerders wat aan landloop deelneem en maak dit ‘n gewilde buitemuurse aktiwiteit by HTS John Vorster.  Landloop is ‘n sport waar atlete leer wat dit beteken om toegewyd te wees, selfdissipline aan die dag te lê en te volhard.

 

Landloopoefeninge en -deelname begin reeds in April van elke jaar en strek tot September, wanneer die SA-kampioenskappe plaasvind.  HTS John Vorster is in die bevoorregte posisie om die berg aan ons noordekant tot ons voordeel te gebruik om landloop te bevorder. Van ons oefeninge vind op die berg plaas, waar die atlete geleentheid kry om die nodige vaardighede in te oefen.

logo-background
background-hexogon-sport

Landloop is een van die min sportsoorte wat enige persoon met ope arms ontvang.

Die landloopseisoen begin reeds in April en die skoleligas begin die eerste week van die derde kwartaal.

Afrigters:

  • Mev Jacolene van der Merwe
  • Marko van der Merwe
Oefentye:

Oefentye: 

Kwartaal 1 en 2

Dinsdae en Donderdae: 14:15 – 15:15

Kwartaal 3

Maandae en Donderdae: 14:15 – 15:15

Wedlope vind op Woensdae plaas

Kwartaal 4

Maandae: 14:15 – 15:15

Vakansie-oefeninge word apart gereël

Oefenplek:

  • skoolgrond,
  • berg,
  • pad (onder toesig)

Drag tydens wedlope:

JV-drag of goedgekeurde atletiekdrag.

sport-admin-background-hexogons

ORGANISEERDER

Mev Jacolene Van Der Merwe

w
afAfrikaans

Jou mandjie

Insamelings by die skool gedoen

Mandjie is leeg

Subtotaal
R0.00
DOEN AANSOEK
0