Netbal

Het u gedink omdat HTS John Vorster baie jong manne het, is hier nie dogters nie? Dink weer!  Netbal is al vir 26 jaar deel van HTS John Vorster se sport.  JV-dogters toon egte JV-veggees op die baan.

 

Ons neem in die Daisy-liga van die distrik deel. In die D3-skoleliga, hoef die JV’s vir geen ander skool terug te staan nie en kompeteer ons graag teen verskeie ander skole se A-netbalspanne. JV-Netbal spog in 2020 met vyf netbalspanne. 

 

Hier word hard gewerk in die ontwikkeling van elke dogter.  Al die JV-dogters is welkom om by die netbal aan te sluit.  Al het jy nog nooit netbal gespeel nie, is dit by dié familie waar jy geleer word.  Bekwame en dinamiese afrigters toon uiterste toewyding en entoesiasme. 

logo-background
background-hexogon-sport

HTS John Vorster spog met twee netbalbane reg langs die lapa wat vir ‘n unieke uitsig oor die hele Pretoria sorg.  Toeskouers kan gemaklik na die netbal kom kyk.

 

Netbal vind plaas in kwartale 1, 2 en 4 en die ligawedstryde vind in kwartaal 2 plaas.

Afrigters:
  • Mev Jacolene van der Merwe: o/14
  • Mev Annemiek Venter: o/15
  • Mev Bianca du Plessis: o/16
  • Mev Inge Grobbelaar:  Tweedespan
  • Mev Anél de Beer:  Eerstespan
Oefentye:

Maandae:

o/14 en o/15:                           14:30 – 16:00

o/16 en tweedespan:           15:30 – 17:00

Eerstespan:                           15:00 – 16:30

Dinsdae:

o/14 en o/15:                           15:30 – 17:00

o/16 en tweedespan:           14:30 – 16:00

Eerstespan:                            14:30 – 16:00

Donderdae:

o/14 en o/15:                           14:30 – 16:00

o/16 en tweedespan:           15:30 – 17:00

Eerstespan:                            15:00 – 16:30

Oefenplek:

Die skool se netbalbane

Drag tydens wedstryde:

Blou-en-wit rompie; blou-en-wit hempie met wit kouse en tekkies (netbaldrag)

Die eerstespan dra die nuwe, goedgekeurde drag van die spesifieke jaar.

Hoogtepunte tydens die 2019-seisoen:

JV-Netbal het reeds vanweë harde werk en ontwikkeling in die spelers se vaardighede, verskeie prestasies behaal.

Ons het vanaf 2014-2019 tweede in ons liga geëindig. In 2019 het die liga verander na die Emerald Liga en spanne eindig derde.

Ons o/16 A-dogters WEN hulle liga in 2019.

sport-admin-background-hexogons

ORGANISEERDER

Bianca du Plessis

w
afAfrikaans

Jou mandjie

Insamelings by die skool gedoen

Mandjie is leeg

Subtotaal
R0.00
DOEN AANSOEK
0