Rugby

HTS John Vorster het al die jare aan die boonste Noord-Transvaalse Rugbyskoleliga deelgeneem. Dit was die jare waar liga-uitdunne in Pretoria volgens  sterkte gegroepeer was. Gedurende daardie tydperk was JV’s, soos vandag nog,  deel van die boonste groepering wat bekend was as die A-bond skole. In die tyd van die bondeliga het skole van bond verskuif na gelang van die prestasie op jaarlikse basis. Vandag neem JV’s steeds deel aan die A-Bond, maar dit staan bekend as die Makro-Skoleliga, wat bestaan  uit net die sterkste, uitgesoekte skole in Pretoria.

 

In 1974 wen JVs se eerstespan die destydse Administrateursbeker met later in die 90’s, die naam Direkteurstrofee en later as die Beeldtrofee bekend gestaan het. Vandag staan dit bekend as die Virseker Beker. In die jaar 2000 speel JV’s se eerstespan vir  ‘n tweede keer in die eindstryd, maar dié keer  om  die huidige Beeldtrofee. Met ‘n naelskraaptelling wen JV’s die silwer medalje op ons tuisveld teen Hoërskool Ermelo. Springbok Jacques Cronjé, was in die wedstryd die JV-kaptein en ook die enigste speler uit al Pretoria se bekendste rugbyskole,  wat vir die SA-skolespan in 2000 gekies word.’

logo-background
background-hexogon-sport

Vele Noord-Transvaal/Bloubul/Cravenweekspelers

EN  Curriebekerspelers  word  deur die jare deur HTS John

Vorster opgelewer, naamlik:
  • Gys Pitzer
  • Louis van Rensburg
  • Koot Nieuwhoudt
  • Die Williamson-broers (Andrew en Raymond)
  • Angelo van Rensburg
  • Hennie Harding
  • Die Cronje-broers (Jacques en Geo)
  • Joe Beukes
  • Henkie Schutte
  • Johan Bester
  • Tian Schoeman
Afrigters:
  • Mnr Martin Steyn
  • Mnr Niel de Vaal
  • Mnr Phillip Klopper
  • Mnr Johan Pieterse
  • Mnr Peet van der Westhuizen
  • Mnr Erich Broodrijk
  • Mnr Johan Scholtz
  • Mnr Nico Westenraad
  • Mnr Francois Avenant
  • Mnr Ben van der Merwe
  • Mnr Jacques Kruger
  • Mnr Ruan Vermaak
  • Christopher Smit
  • FC Nel
  • Willem Adriaan van Greunen
  • Dean Potgieter

Oefentye: 

Maandae, Dinsdae en Donderdae: 14:30 – 17:00

Oefenplek:

Skool se rugbyvelde

Drag tydens wedstryde:

JV-rugbydrag:
  • wit broek,
  • JV-trui,
  • skipants (wit of swart – opsioneel),
  • second skin (wit – opsioneel),
  • tweedespan dra arendetrui,
  • eerstespan dra voorseisoen- of wit trui

Hoogtepunte van 2019-seisoen

 

Ons o/16A-span was die Stadbekerwenners.  Die derde- en o/16B-spanne het hul ligas gewen.  Michael Huart word in die Bulle se 0/16C-span verkies en Jerry Mashaba in die 0/18C-span.

sport-admin-background-hexogons

ORGANISEERDER

Mnr Martin Steyn

w
afAfrikaans

Jou mandjie

Insamelings by die skool gedoen

Mandjie is leeg

Subtotaal
R0.00
DOEN AANSOEK
0