Skaak

Skaak is die sport wat die ontwikkeling van beide die regterbrein (kreatiewe denke), sowel as die linkerbrein (logiese denke) bevorder. Dit bevorder ook ‘n persoon se konsentrasievermoë en kreatiewe probleemoplossingsvaardighede.

 

Die legende rakende die ontstaan van skaak is sowat 1500 jaar oud en lui as volg:   ‘n Heerser van Indië het vir sy raadgewers gevra om ‘n speletjie te ontwerp met die doel om soldate te leer om nie net te veg in die oorlog nie, maar ook om te dink oor hoe hulle die vyand gaan uitoorlê. Een van sy wyse manne het skaak aan hom voorgelê. Die heerser was beïndruk, soveel so, dat hy die wyse man ‘n beloning van sy keuse sou gee. Die man, ‘n wiskundige, het iets eenvoudig gevra: ‘n ryskorrel in die eerste blok en dan om dit te verdubbel op elk van die opeenvolgende blokke.

 

Die heerser wou die eenvoudige versoek met graagte aan hierdie wyse man toestaan. Die heerser het wel vinnig agtergekom dat dit ‘n onmoontlike taak sou wees.  Dit werk uit op  264 18,446,744,070,000,000,000 ryskorrels.

 

Hierdie eksponensiële groei sou beteken die heerser sou 210 biljoen ton rys moes opdok. Dit word beweer dat soveel rys die hele Indië onder ‘n meterdik ryslaag sou bedek.

 

Gedurende die Tweede Wêreldoorlog was van die topskaakspelers ook kodebrekers. Britse meesters, Harry Golombek, Stuart Milner-Barry en HOD Alexander was in die span wat die Nazi Enigma-kode gebreek het.

logo-background
background-hexogon-sport

Afrigter:

Mnr Hendrik Grobbelaar

Oefentye: 

Kwartaal 1 tot 4

Dinsdae en Donderdae: 14:00 – 16:00

Ligas word tydens die tweede kwartaal op Saterdae gespeel

Oefenplek:

Kamer 118

Drag tydens toernooie:

Volledige, korrekte skooldrag

Hoogtepunte van die 2019-seisoen

Twee van HTS John Vorster se skaakspanne het in 2019 hulle speelvernuf bewys gedurende die distriksliga en het deurgedring na die distriksfinale.

sport-admin-background-hexogons

ORGANISEERDER

Mnr Leander Tait

w
afAfrikaans

Jou mandjie

Insamelings by die skool gedoen

Mandjie is leeg

Subtotaal
R0.00
DOEN AANSOEK
0