Swem

TS John Vorster het altyd op ‘n informele wyse aan swem deelgeneem.  Gedurende 1990 was daar groot belangstelling in die sportsoort.  Onder leiding van mev. Helma van Rooyen, is daar  ‘n amptelike span gestig wat aan die F-liga deelgeneem het.  Met verloop van tyd is daar later twee spanne gevorm, wat onderskeidelik aan die B-en C-ligas deelgeneem het.  Van daar af het swem van krag-tot-krag gegaan tot waar ons vandag is.

 

Tans strek die Swemseisoen vanaf begin September tot einde Februarie.  Die JV-Bullsharks – soos hulle bekend staan – neem deel aan die C-liga vir hoërskole.  Die span se sukses word gebou op harde werk, toewyding en ongelooflike spangees.

 

Alhoewel daar nie ‘n swembad op die JV’s se skoolterrein is nie, laat ons ons nie daardeur onderkry nie.  Die swemmers oefen by die Tjaart van Vuuren Munisipale Swembad in Hertzogstraat – sowat drie blokke vanaf die skool.  Die swembad bied aan die swemmers die geleentheid om in ‘n 50m-swembad te oefen en sodoende volkome voorbereid te wees vir galas en vir die Interhoër.

logo-background
background-hexogon-sport

Leerders hoef nie reeds ‘n uitstekende swemmer te wees om by die swemspan aan te sluit nie, aangesien daar ook by oefeninge gefokus word op die ontwikkeling van nuwe swemmers.

JV’s was bevoorreg om gedurende 2017 die gasheerskool te wees van die Interhoërgala wat jaarliks by Hillcrest Swembad aangebied word.

Afrigters:

Mev. Ida van Wyk – wat vele jare ondervinding in swem het en ook haar eie swemskool besit.

Oefentye: 

Januarie tot met die Interhoër – gewoonlik in Februarie:

  • Maandae, Dinsdae en Woensdae: 14:15 – 15:15
  • Galas vind op Donderdae plaas.

September en Oktober:

  • Maandae en Donderdae: 14:15 – 15:15

Oefenplek:

Tjaart van Vuuren Munisipale Swembad

Drag tydens galas:

  • volledige, korrekte skooldrag tot by swembad;
  • eie keuse swembroek met ‘n JV-hemp bo-oor.
sport-admin-background-hexogons

ORGANISEERDER

Mev Annelize Du Rand

w
afAfrikaans

Jou mandjie

Insamelings by die skool gedoen

Mandjie is leeg

Subtotaal
R0.00
DOEN AANSOEK
0