Tennis

Die skool skryf jaarliks verskeie senior en junior spanne vir die liga in. Alle spelers ontvang een keer per week gratis, professionele afrigting.  Hierdie jaar het ons twee junior en twee seniorspanne.

 

Cochrane Tennis Afrigting (CTC) is al vir die afgelope sewe jaar verantwoordelik vir die afrigting van JV-skooltennis. CTC bied ook aan leerlinge die geleentheid om hulle beste te lewer en tennis as ‘n lewenslange leefstyl te ontwikkel.

 

CTC maak gebruik van Waverley Tennisklub vir afrigting en wedstryde, omdat ‘n groot hoeveelheid JV-leerlinge reeds lid is by Waverley Tennisklub.

logo-background
background-hexogon-sport

DOELWITTE

JV-Tennis se doelwit is om vir elke leerder wat graag aan tennis wil deelneem, aspirant óf kenner op die gebied, betrokke te kry in ‘n gesonde tennisomgewing waar ons skool se standvastige norme en waardes uitgeleef word.

 

Vier spanne word in die liga ingeskryf: Twee O/19- en twee O/15-spanne. Ons beoog ook om in die toekoms dogterspanne aan die liga te laat deelneem.

 

AFRIGTING

Cochrane Tennis Afrigting

 

Louis Kritzinger- Tennisinstrukteur is al langer as vyftien jaar betrokke by HTS John Vorster se tennisafrigting en -administrasie.

 

DEELNAME HTS

John Vorster neem jaarliks aan die volgende toernooie en kampioenskappe deel:

  • Gauteng-Noord O19- en O15-kampioenskappe
  • HTS John Vorster Tenniskampioenskap (JV-Champs)

 

OEFENTYE

Alle belangstellendes oefen op Maandae (kwartaal 1 en 2) onder leiding van Louis Kritzinger by Noordelikes Tennisbane.

 

KOSTE

Geen koste verbonde aan deelname nie.

ORGANISEERDER

Nadia Knoesen

nprinsloo@htsjv.co.za

w
afAfrikaans

Jou mandjie

Insamelings by die skool gedoen

Mandjie is leeg

Subtotaal
R0.00
DOEN AANSOEK
0