Akademie

Aangesien die tegnologiese studierigting gespesialiseerd is, beskik slegs ‘n volwaardige hoërskool vir tegnologie soos HTS John Vorster, oor die vakspesialiste en gesofistikeerde toerusting wat ‘n waarborg is vir ononderbroke standaardonderrig en-opleiding.

HTS John Vorster is die enigste skool in die omgewing wat AL NEGE  tegnologievakke met hulle spesialiseringsrigtings aanbied.

Afrikaans en Engels

Afrikaans Huistaal en Engels Eerste Addisionele Taal is verpligtend van graad 8 tot graad 12. 

Natuurwetenskappe

Natuurwetenskappe is in graad 8 en 9 verpligtend.

​In graad 10 tot 12 mag ‘n leerder kies tussen Fisiese Wetenskappe óf Tegniese Wetenskappe.

​In graad 12 is Fisiese Wetenskappe óf Tegniese Wetenskappe ‘n verpligte vak.

Ekonomiese & Bestuurswetenskappe

EBW is verpligtend in graad 8 en 9

Wiskunde

Wiskunde is van graad 8 tot 12 verpligtend. ​

In graad 10 tot 11 mag 'n leerder kies tussen Wiskunde óf Tegniese Wiskunde ​​

In graad 12 is Wiskunde óf Tegniese Wiskunde ook 'n verpligte vak

Sosiale Wetenskappe

SW is verpligtend in graad 8 en 9

IGO - Ingenieursgrafika en Ontwerp

IGO is verpligtend van graad 8 tot 12.

In graad 8 en 9 word basiese teken- en tegnologietegnieke aangeleer

Lewensoriëntering

Lewensoriëntering is verpligtend van graad 8 tot 12

Skeppende Kuns

SK is verpligtend in graad 8 en 9

Verpligte vakke van graad 8 en 9

Afrikaans Huistaal

Engels Eerste Addisionele Taal

Wiskunde 

Natuurwetenskappe

Skeppende Kunste 

Ekonomiese en Bestuurswetenskappe

Sosiale Wetenskappe

Lewensoriëntering

Tegnologie 

Ingenieursgrafika en Ontwerp

Tegnologie

Inleidende onderrig in Elektriese Tegnologie, Meganiese Tegnologie en Siviele Tegnologie (om basiese tegniese vaardighede te bemeester) is verpligtend in graad 8 en 9. Dié vakke word op rotasiebasis aan alle leerders bekendgestel. In graad 10 kies 'n leerder een rigting uit 'n moontlikheid van nege rigtings

Elektriese/Elektroniese Tegnologie
  1. Elektronika
  2. Elektrisiënswerk

  3. Digitale stelsels    (Druk op die skakel hier onder om meer te leer oor Elektriese Tegnologie) 

Meganiese Tegnologie
  1. Paswerk en Masjinering

  2. Motorwerktuigkunde

  3. Sweis en Metaalbewerking (Druk op die skakel hieronder om meer te leer oor Meganiese Tegnologie)

Siviele Tegnologie
  1. Boukonstruksie

  2. Houtbewerking

  3. Siviele Dienste  (Druk op die skakel hieronder om meer te leer oor Siviele Tegnologie) 

Copyright © 2021 HTS John Vorster. Alle Regte Voorbehou.

w

Jou mandjie

Insamelings by die skool gedoen

Subtotaal
R0.00
DOEN AANSOEK
0