JV-atletiek se sukses lê in die organisasie en bestuur deur toegewyde en bekwame atletiekkundiges. Harde werk en die ontwikkeling van elke atleet is die boustene van sukses. Spangees en toewyding word gevorm uit motivering, saamwerk, saamgroei en saamdroom.
JV-atletiek neem deel aan die C-liga wat ‘n aanvang neem op die eerste skooldag van die jaar tot die voorafbepaalde Interhoërdatum en hervat weer in Septembermaand.
Ons bekwame afrigters is:
Naellope (100 m, 200 m & 400 m) – Brandon vd Walt
Aflos – Lize-Marie Schwartz
Middel- en langafstande ( 800 m, 1500 m & 3000 m) – Inge Dowd
Diskus- Johan Scholtz
Gewigstoot – Johan Scholtz
Spiesgooi – Ben van der Merwe
Hekkies- Brandon van der Walt
Hoogspring- Phillip Klopper
Verspring- Bianca du Plessis
Oefenplek:
Sportvelde en atletiekbaan
Oefentye:
Maandae tot Donderdae – soos elke afrigter met sy/haar atlete reël, sodat alle sportmanne by al hul sportoefeninge kan uitkom.
14:30 tot 15:30
Drag tydens byeenkomste:
JV-hemp en JV-broek, of
JV-atletiekdrag (JV-atletiekfrokkie en JV-skipant)
Hoogtepunt van 2019-seisoen:
Cullen Labuschagne is na die SASA-byeenkoms genooi