JV-Bergfiets

HTS John Vorster se bergfietsspan is sedert 2016 steeds die beste fietsryspan in die Moot-omgewing.

Die skool beskik oor ‘n uitstekende fietsrybaan wat oor die Magaliesberg en die skoolterrein strek. Hierdie baan oefen klimme, afstand, spoed en bergfietsvaardighede.

Die bergfietsseisoen strek vanaf Januarie tot Oktober.

Leerders neem as ‘n span deel aan die Spur-Skolereeks.

Individuele deelname aan Nissan Trailseeker en USN Cup-wedrenne lewer ook puik uitslae.

Afrigters:

  • Mnr J Swart
  • Mnr L Scholtz

Oefentye: 

Dinsdae en Donderdae           

15:00 tot 16:30

Oefenplek:

Leerders kom by die jukskeibane bymekaar en oefen dan vaardighede op die skoolterrein, op die bergfietsroete in die berg, asook teen die bult by Runners’s Tap in Breyerlaan.

Drag tydens wedrenne:

Fietsryers arriveer in korrekte skooldrag.

Fietsrydrag is:

  • fietsryhemp,
  • swart fietsrybroek,
  • bergfietsrykouse

Hoogtepunte tydens die 2019-seisoen

Sewe van ons seuns kwalifiseer om aan die Nasionale Kampioenskappe by Hoërskool Wagpos deel te neem en eindig 17de uit 50 skole.

Organiseerder

Mev Marike Geyser

Copyright © 2021 HTS John Vorster. Alle Regte Voorbehou.

w
afAfrikaans

Jou mandjie

Insamelings by die skool gedoen

Mandjie is leeg

Subtotaal
R0.00
DOEN AANSOEK
0