Leerders van gr 8 – 11 ontvang twintig houtbalkies, ‘n pakkie gom en een meter tou om ‘n brug mee te bou. Deeglike beplanning en baie goeie spanwerk word vereis sodat die brug binne drie ure voltooi kan word. Die spesifikasies waaraan elke brug moet voldoen, word eers op die dag van die kompetisie bekend gemaak.
Brugboukompetisie
Die brugboukompetisie bied aan leerders die geleentheid om in spanverband baie pret te ervaar, terselfdertyd onder druk saam te werk, te organiseer en verskillende rolle te vertolk.
Die ergste spanning word beleef wanneer die brûe getoets word ten aanskoue van medeleerders en kompeteerders.
Daar word in twee kategorieë meegeding:
die mees estetiese brug en
die brug wat die grootste las tot sy eie massa kan dra, is die uiteindelike wenner.
Ons het in 2019 ‘n borgskap van 50 buisies gom van Pratley ontvang en ons kon die verskil aan ons brûe sien deurdat ‘n groot aantal brûe laste van tot 60 kg kon dra,