HTS John Vorster het in 2018 begin om sagtebal vir die dogters in die skool aan te bied, aangesien die dogters vir ons ‘n baie belangrike deel van die skool is en ons graag wil hê daar moet vir hulle ook meer geleenthede wees om uit te blink.
Sagtebal vind in die derde kwartaal plaas en ons glo dat dit dié jaar net nog hoër hoogtes as die vorige jaar sal bereik.
Ons is baie trots om die sport aan te bied en die dinamiese afrigters sien uit na die nuwe 2020-seisoen. Ons weet ons gaan elke jaar hoër hoogtes bereik.
Afrigters:
Me Inge Grobbelaar
Me Bianca du Plessis
Me Izaan Potgieter
Oefentye:
Dinsdae en Donderdae (tye sal spesifiek gegee word)
Oefenplek:
Op die C-rugbyveld
Drag tydens wedstryde:
JV-hemp met sagtebalbroek, rugbykouse en tekkies;
eerstespan se drag word vir spesifieke jaar gekies;
elke lid moet haar eie sagtebalhandskoen hê.
Hoogtepunte van die 2019-seisoen
Die dogters het in 2019 in hul eerste liga deelgeneem en het uitstekend gevaar. Die eerstespan het vyfde uit dertien skole in die liga geëindig en die juniors het ook baie goed gevaar in hul eerste poging.