JV-Atletiek

JV-atletiek se sukses lê in die organisasie en bestuur deur toegewyde en bekwame atletiekkundiges. Harde werk en die ontwikkeling van elke atleet is die boustene van sukses. Spangees en toewyding word gevorm uit motivering, saamwerk, saamgroei en saamdroom.

Die JV-atletiek neem deel aan die C-liga wat ‘n aanvang neem op die eerste skooldag van die jaar tot die voorafbepaalde Interhoërdatum en hervat weer in Septembermaand.

Ons bekwame afrigters is:

  • Naellope (100 m, 200 m & 400 m) – Brandon vd Walt
  • Aflos – Lize-Marie Schwartz
  • Middel- & langafstande ( 800 m, 1500 m & 3000 m) – Inge Dowd
  • Diskus- Johan Scholtz
  • Gewigstoot – Johan Scholtz
  • Spiesgooi – Ben van der Merwe
  • Hekkies- Brandon van der Walt
  • Hoogspring- Phillip Klopper
  • Verspring- Bianca Du Plessis

Oefenplek:

Ons oefen op ons sportvelde en atletiekbaan

Oefentye:

Maandae tot Donderdae, soos elke afrigter met sy/haar atlete reël, sodat alle sportmanne by al hul sportoefeninge uitkom

14:30-15:30

Drag tydens byeenkomste:

  • JV-hemp en JV-broek of
  • JV-atletiekdrag (JV-atletiekfrokkie en JV-skipant)

Hoogtepunte van 2019-seisoen

Cullen Labuschagne is na die SASA-byeenkoms genooi

Organiseerder

Me Lize-Mari Schwartz

Copyright © 2021 HTS John Vorster. Alle Regte Voorbehou.