school-logo

Ons Skool

12 Augustus 2021

Geagte JV-ouer/-voog

Ek is vandag dankbaar om u in kennis te stel dat die distrikkantoor die skool besoek het en toestemming gegee het dat AL die gr. 8- en 9-leerders ook in totaliteit mag terugkeer skool toe, MITS die skool en leerders by al die COVID 19-regulasies hou. Die gr. 10- en 11-leerders het reeds twee weke gelede volledig teruggekeer.

Ons opregte dank aan die Beheerliggaam vir die toestemming om nog drie addisionele personeellede aan te stel sodat ons die klasgroepe kon kleiner maak. Ons ouers se kontinue, getroue betaling van skoolgelde het hierdie besluit makliker gemaak. Baie dankie daarvoor.

2. ORDE-REëLINGS TYDENS DIE PANDEMIE

2.1 Die ordereëlings vir die aanmeldprosedure terwyl COVID 19 voortduur, bly dieselfde.
Grade 10 tot 12 betree die terrein by hek 7, by die draaisirkel en grade 8 en 9 by hek 6, agter die pawiljoen. Alle leerders moet steeds gesaniteer en geskandeer word voordat hulle op die terrein toegelaat word. Om die leerders almal gelyktydig terug te bring, bly ‘n risiko en ons benodig die samewerking van elke leerder om die proses te laat werk.

2.2 Die orde-reëlings vir die einde van elke dag bly ook onveranderd.
Grade 8 en 9 se verdaagklok lui om 13:50 en hulle verlaat die terrein by hek 2 in Meyerstraat. Die senior leerders verdaag om 14:00 en verlaat die terrein by hek 7, by die draaisirkel.

2.3 Daar is verskeie maniere wat ons u kind en die personeel by die skool gaan beveilig.

  • Geen ouer word op die terrein sonder ‘n afspraak toegelaat nie.
  • Dra van gesigmaskers is steeds, soos deur die nuutste regulasies bepaal, verpligtend.
  • ‘n Een meter-afstand sal sover moontlik in klasse tussen leerders onderling, sowel as personeel, gehandhaaf word, soos voorgeskryf vir skole.
  • Die skool sal gereeld die ontsmetting van hande met saniteermiddel in elke klas afdwing.
  • Personeel en leerders is verantwoordelik vir die gereelde ontsmetting van hulle persoonlike ruimte.
  • Daar sal geen groot byeenkomste by die skool soos saalopeninge, sportbyeenkomste, ensovoorts plaasvind nie, mits die regulasies dit vir die betrokke sport- en kultuurgroepe toelaat.
  • Sosiale afstand sal gehandhaaf word en fisiese kontak of aanraking (handdruk of drukkies) sal nie toegelaat word nie.
  • Die skool sal gereeld ontsmet word, met die klem op hoërisiko-oppervlakke soos trapreëlings, deurhandvatsels, kleedkamers, skoolbanke en -stoele.
  • Daar sal ‘n daaglikse skoonmaakprogram met spesifieke chemikalieë wees en spesifieke prosesse sal gevolg word.
  • Betreffende afwesighede, sal elke situasie op meriete hanteer word. Afwesigheide wat nie Covid 19-verwant is nie, moet skriftelik deur die ouer/voog of via e-pos aan die skool gekommunikeer word na renate.hattingh@htsjv.co.za.
  • Leerders en personeel wat siek voel, MOET tuis bly. Hulle moet ook die skool in kennis stel.
  • Voltooi die COVID 19-dokumente volledig indien u kind positief toets of moet isoleer. Covid 19-verwante afwesighede word aan mnr C du Rand gestuur by christodurand@htsjv.co.za.
  • Voltooi die toestemmingsbrief wat aangeheg word by hierdie ouerbrief en stuur terug saam met u kind, nie later as Vrydag, 20 Augustus.

Ons wil u as ouers/voogde vra om steeds oplettend te wees t.o.v. enige simptome of siektetekens wat u kind toon. Geen leerder moet skool toe gestuur word indien die leerder enige simptome toon of in direkte kontak was met ‘n ander persoon wat Covid-19 simptome toon nie. Hou asseblief ook die skool op hoogte, deur ‘n e-pos te stuur na christodurand@htsjv.co.za

3. ADDISIONELE ROOSTERS

Die addisionele roosters wat in ouerbrief 12 aan u deurgegee is, bly nog steeds van krag. Leerders kan ongelukkig nie van hierdie klasse verskoon word nie.

3.1 PAT-rooster gr. 10 tot 12

3.2 Praktiese rotasierooster: gr 9

4. SPORTAANGELEENTHEDE

Dit is met groot blydskap dat ons weer die sportseisoen kan afskop. Die fokus is op sportsoorte wat gewoonlik in die derde kwartaal beoefen word nl: krieket, sagtebal, landloop, 7’s-rugby en jukskei. Alhoewel nie alle sportsoorte aan ligas gaan deelneem nie, gaan daar wel wedstyde vir die onderskeie sportsoorte plaasvind. Die skool gaan ook van die geleentheid gebruik maak om met kondisionering vir die 2022-sportseisoen te begin. Ons moedig leerders aan om deel te neem aan die genoemde sportsoorte.
Tydens die oefeninge en wedstryde moet Covid 19-protokol nog steeds gevolg word. Geen toeskouers sal ongelukkig by wedstryde toegelaat word nie.

Ten slotte wil ek weereens baie dankie sê aan elke JV-ouer wat te midde van al die uitdagings en veranderinge, steeds die skool ondersteun.

JV-groete
A DOWD
HOOF

Copyright © 2021 HTS John Vorster. Alle Regte Voorbehou.

w
afAfrikaans

Jou mandjie

Insamelings by die skool gedoen

Mandjie is leeg

Subtotaal
R0.00
DOEN AANSOEK
0