Oueromsendbrief 5

Oueromsendbrief 5

OUEROMSENDBRIEF 5 VAN 2021

Beste JV-ouers/-voogde

1. BEHEERLIGGAAMVERKIESING 2021

Die algemene BL-verkiesing vind plaas 30 Maart om 18:30 in die skoolsaal. Die amptelike kennisgewing, met al die besonderhede, is per hand aan u gestuur en die inligting sal ook op die communicator gelaai word. Ek doen ‘n ernstige beroep op u om aan hierdie baie belangrike verkiesing deel te neem. Die BL is die enigste amptelike struktuur waar al die ouers verteenwoordig word. Ons benodig kundige ouers uit verskeie terreine o.a. finansies, opvoedkunde, regsagtergrond, bestuursvaardighede, bemarking, sport, kultuur ens. om in die BL te dien.

Die kieserslys is by die skool beskikbaar en u is welkom om me. Linda Loubser elektronies of telefonies te kontak om te verifieer of u naam daarop verskyn. Die kieserslys sluit 24 uur voor die verkiesing gaan plaasvind.

Die nominasievorm sal op Vrydag, 19 Maart, elektronies op die communicator beskikbaar wees. Die vorm moet in harde kopie, in ‘n geseëlde koevert, by die kantoor ingehandig word. Lees asb die amptelike kennisgewing wat u kind reeds ontvang het vir meer inligting.

Indien daar nie ‘n 15%-kworum teenwoordig is tydens die verkiesingsvergadering nie, sal ‘n tweede vergadering op 15 April om 18:30 gehou word.

2. TOELATING VAN ALLE LEERDERS GELYKTYDIG BY DIE SKOOL

Tydens ‘n hoofdevergadering op 11 Maart het die direkteur van ons distrikkantoor dit baie duidelik gemaak dat sy aan geen skool sal toestemming gee om alle leerders gelyktydig terug te bring skool toe, tensy die minister dit in ‘n gepubliseerde direktief so aandui of indien die skool kan bewys dat die verpligte 1 m-sosiale afstand tussen leerders deurentyd gehandhaaf kan word nie. Ongelukkig laat die grootte van ons klaskamers dit nie toe nie en daarom sal ons die rotasierooster bly volg tot ons ander inligting in die verband ontvang.

3. LAATKOMMERS IN DIE OGGENDE

Dit word ‘n al groter worderdend probleem dat leerders nie betyds (voor 07:30) soggens by die hek in 30ste Laan in die skoolterrein kom nie en dan by die hoofhek gaan staan om daar gehaal te word. Ek glo u verstaan die logistieke en administratiewe probleme hieragter. Sorg asb. dat u kind betyds vir skool opdaag, want ‘n leerder wat nie in die voogklas is nie, word as afwesig gemerk.

JV-groete

A DOWD

HOOF

No Comments

Post A Comment

w
afAfrikaans

Jou mandjie

Insamelings by die skool gedoen

Mandjie is leeg

Subtotaal
R0.00
DOEN AANSOEK
0