Uittekenreëlings – HTS JV

Uittekenreëlings – HTS JV

1. Reel assseblief u kind se doktersafsprake vir die dae wat hy/sy nie by die skool hoef te wees nie of vir die middae na 14:00

2. Indien dit ‘n aangeleentheid is wat slegs binne skoolure op ‘n vasgestelde dag kan plaasvind voltooi u ‘n L6-vorm (aansoek vir verlof) wat TWEE dae voor die dag van afwesigheid / vroeg-uitteken, by me Roos in die Algemene Kantoor ingedien moet word vir goedkeuring.[JS1]

3. Die L6-vorm is op die skool se webwerf en die communicator beskikbaar.

4. Die leerder gaan haal die goedgekeurde dokument/versoek die volgende dag by me Roos in die kantoor en bewaar dit veilig by hom/haar vir die dag waarop hy/sy vroeër moet uitteken.

5. Hierdie goedgekeurde L6-dokument word op die dag waarop die leerder vroeg uitteken aan die vakonderwyser getoon wanneer die leerder moet huis toe gaan/se ouer hom/haar kom haal. Geen leerder word uit ‘n klas geroep nie.[JS2] [AD3]

6. Die leerder gaan na me Roos in die Algemene Kantoor om ‘n toestemmingsnota te kry om die terrein te mag verlaat asook die uittekenboek te voltooi.

7. Die leerder gaan ontmoet dan sy ouer by die hek in Meyer Straat waar hy/sy die uittekennota aan die sekuriteitsbeampte toon.

8. Ouers word nie toegelaat op die terrein om leerders te kom uitteken nie.[JS4] [AD5]

9. Indien ‘n leerder op ‘n gegewe tyd nie by die hek opdaag nie, kan die ouer me Roos in die kantoor bel om ondersoek in te stel.

10. SLEGS LEERDERS WAT VOORAF, PER L6-VORM, TOESTEMMING VERKRY HET SAL TOEGELAAT WORD OM UIT TE TEKEN.

11. IN geval van ‘n noodgeval kan ouers van die hek af die kantoor skakel en vra vir

toestemming om die terrein te betree.

L6-vorm kan afgelaai word op ons webblad, www.htsjohnvorster.online onder ADMINISTRASIE.

No Comments

Post A Comment

w
afAfrikaans

Jou mandjie

Insamelings by die skool gedoen

Mandjie is leeg

Subtotaal
R0.00
DOEN AANSOEK
0