012 332 1760 info@htsjv.co.za
HTS JOHN VORSTER
Akademie / Elektries

Elektronika

Elektriese / Elektroniese Tegnologie — Spesialisering
Graad 10 – 12 Elektroniese Tegnologie

Elektronika as spesialisering in Elektriese Tegnologie stel die leerder bekend aan analoog-elektronika met toepassings in ligte stroom. In Graad 10 word die leerder blootgestel aan die beginsels van elektrisiteit en stroomvloei.

In Graad 11 ontdek die leerder diskrete elektronika deur die bestudering van halfgegeleier-toestelle en hul onderskeie toepassings. Die leerder ontdek instrumentasie en hoe om lesings te neem sodat gevolgtrekkings gemaak kan word op grond van waarneming.

Gedurende die Graad 12-jaar word die leerder aan geïntegreerde kringe blootgestel waardeur getoon word hoe eenvoudige kringe gekombineer word om meer komplekse kringe te vorm vir die doel om kommunikasie en beheer te bewerkstellig. ’n Leerder in Elektriese Tegnologie wat in Elektronika spesialiseer, is in staat om probleme op te los deur elektroniese toepassings se bestaande kringe aan te pas, te toets en in werking te stel.

Sodanige leerder sal normaalweg ’n loopbaan in ligte stroom, instrumentasie of kommunikasie volg en kan selfs die vermaaklikheidsbedryf betree. Om ’n vakman te word, moet ’n leerder verdere studie by ’n VOO-kollege tesame met ’n vakleerderskap in die toepaslike industrie oorweeg. Met die korrekte vakkombinasies kan die leerder ook ’n elektroniese tegnikus/tegnoloog word of selfs ingenieurswese aan ’n universiteit studeer.

ONS BORGE