012 332 1760 info@htsjv.co.za
HTS JOHN VORSTER
Wonderlig embleem

Wonderlig

Emosionele welstand & hoop vir die toekoms

Wonderlig is ’n program by HTS John Vorster wat tieners help om emosionele welstand te bou, selfaanvaarding en vergifnis te ontdek, en hoop te gryp vir die toekoms — ten spyte van enige omstandighede.

Visie van die Program

Om emosionele welstand en intelligensie onder tieners te verhoog, lewens te verryk en hoop te gee vir die toekoms, ten spyte van enige omstandighede.

Dit moet hulle ingesteldheid teenoor die lewe positief beïnvloed, sodat hulle beter keuses kan uitoefen en hulle bemagtig word vir ’n beter en gelukkiger toekoms.

Betekenis van die Embleem

’n Vlinder of skoenlapper is ’n simbool van lewe en transformasie. Die oënskynlike nuttelose en kleurlose papie is in ’n kokon — totdat hy deur die kokon breek en die lig sien.

Dan ontstaan die wonder van die allermooiste helderkleurige vlinder wat vry kan rondvlieg.

Daar is net een manier waarop ’n mens volkome transformasie kan ondergaan en vry kan wees. Dit is die weg van selfaanvaarding, vergifnis en hoop op die toekoms — die weg wat emosionele welstand verseker.

Mevrou Jacolene van der Merwe
Organiseerder
Mevrou Jacolene van der Merwe

ONS BORGE