Dissipline in 'n Neutedop
Gebruikaanwysings vir die 4-vlakpuntestelsel

Hierdie dokument moet altyd aan die hand van die Leerdergedragskode soos op die skool se webbladsy gelees word.
Vir ouers om te weet
- Kontroleer daagliks u kind se positiewe en negatiewe punte op die D6-toep. Maak bemoeienis met u kind rakende sy/haar inskrywings.
- Die positiewe en negatiewe stelsels werk afsonderlik van mekaar.
- Vlak 1- en 2-oortredings is waar remediëring toegepas word.
- Vlak 3- en 4-oortredings lei tot opvoedkundige gesprekke en in ernstige gevalle 'n tribunaal.
- Puntetoekennings per oortreding:
Vlak 1
−1 puntVlak 2
−2 punteVlak 3
−3 punteVlak 4
−4 punte - Enige navraag oor 'n vlak 1-oortreding moet aan die persoon gerig word wat die inskrywing toegeken het. Vir vlak 2-, 3- en 4-oortredings moet die dissiplinekantoor gekontak word.
- Met vlak 3- en 4-oortredings word ouers per uitnodiging genooi vir 'n opvoedkundige gesprek / tribunaal saam met die Beheerliggaam se dissiplinêre komitee. Sanksies, wat streng nagekom moet word, kan aan 'n leerder toegeken word.
- Indien 'n ouer 'n skriftelike uitnodiging na BL-gesprekke kry, en die ouer woon nie die vergadering by nie (sonder verskoning by die dissiplinekantoor), sal die vergadering voortgaan sonder die ouer en leerder se teenwoordigheid en verdere stappe — bv. 'n kontrak t.o.v. verdere toelating — kan geneem word.
Belangrik: 'n Leerder kan enige tyd na 'n tribunaal genooi word — afhangende van die erns van die oortreding.