012 332 1760 info@htsjv.co.za
HTS JOHN VORSTER

Swem

Swem action

Die Bullsharks is ons trotse skoolswemspan en neem jaarliks deel aan verskeie kompetisies. Ons is tans deel van die C‑liga, waar ons hierdie jaar die seunsafdeling gewen het.

Ons onderkaptein, Liam du Toit, het uitstekende prestasie gelewer deur die Dash for Cash te wen en terselfdertyd ’n nuwe rekord op te stel. Ons meisies toon ook sterk vordering en lewer konsekwente, mededingende resultate.

Ons swemspan bestaan tans uit 52 swemmers. As gevolg van groei en belangstelling is ons in die proses om nóg ’n span saam te stel wat in die E-liga sal deelneem.

Ons hoofafrigter is me. Ida van Wyk, wat ook deel vorm van die Tinco Swemklub in die Moot-area. Sy bring jare se ervaring en toegewyde afrigting na die span.

Seisoene: September – November en Januarie – Februarie.
Oefentye: Maandag, Dinsdag, Woensdag 14:30–15:30; Donderdag gewoonlik gala-dag.
Fasiliteite: Tjaart van Vuuren swembad; Pierneef Laerskool se swembad as alternatief.

 Laai oorspronklike PDF af

ONS BORGE