012 332 1760 info@htsjv.co.za
HTS JOHN VORSTER

Sagtebal

Sagtebal action

Sagtebal is tans een van die sportsoorte by HTS John Vorster met die grootste aantal leerders wat deelneem. Ons spog nie net met vier dogterspanne nie, maar ook vyf seunspanne — een van die min skole in Gauteng wat hierdie kan sê.

Ons werk hard om sagtebal ’n plek te maak waar almal welkom is, maar waar ons ook hard werk om hoër hoogtes te bereik. In 2025 het vier van ons spanne in die finale rondte gespeel en het ons eerstespandogters as wenners van hulle liga weggestap.

Ons spog ook in 2025 met vyf Noord-Gautengspelers (ook bekend as Sox-spanne) én twee afrigters wat ook by hierdie spanne betrokke is. Al hierdie wonderlike prestasies dra by tot die rede waarom hierdie vinnig-groeiende sportsoort ook as “Aktiwiteit van die Jaar” vir 2025 aangewys is.

 Laai oorspronklike PDF af

ONS BORGE