012 332 1760 info@htsjv.co.za
HTS JOHN VORSTER

Landloop

Landloop action

Landloop is ’n sport waaraan daar by HTS John Vorster met trots deelgeneem word. Die skool se landloopspan neem in vier ligas deel teen talle groot skole waar die kompetisie sterk en uitdagend is. Hierdie hoë vlak van deelname dra by tot die ontwikkeling van atlete se vaardighede en deursettingsvermöë.

Verlede jaar het die span ’n besondere prestasie behaal deur te kwalifiseer vir die Noordvaal-kompetisie. Dit is ’n bewys van harde werk, toewyding en samewerking binne die span.

Vanaf hierdie jaar word eerstespan-baadjies toegeken aan leerders wat vir drie jaar deel van die span is — wat as ’n groot eer beskou word — asook aan leerders wat nasionale of provinsiale kleure ontvang.

Wat landloop by die skool so besonder maak, is dat daar reg deur die jaar geoefen word om fiks te bly. Hierdie volgehoue oefening bou nie net fisiese krag nie, maar ook dissipline en uithouvermöë.

Landloop bly dus ’n sport waarin die skool uitblink en waarmee daar gespog kan word.

 Laai oorspronklike PDF af

ONS BORGE