012 332 1760 info@htsjv.co.za
HTS JOHN VORSTER

Tennis

Tennis action

Die skool skryf jaarliks verskeie senior en junior spanne vir die liga in. Alle spelers ontvang een keer per week gratis, professionele afrigting. Hierdie jaar het ons twee junior- en twee seniorspanne.

Cochrane Tennis Coaching (CTC) is al vir die afgelope sewe jaar verantwoordelik vir die afrigting van JV-skooltennis. CTC bied aan leerders die geleentheid om hul beste te lewer en tennis as ’n lewenslange leefstyl te ontwikkel. Afrigter Louis Kritzinger dra reeds meer as 15 jaar by tot die tennisprogram by HTS John Vorster.

JV-Tennis se doelwit is om elke leerder wat graag aan tennis wil deelneem — of hy nou ’n aspirant of kenner is — betrokke te kry in ’n gesonde tennisomgewing waar ons skool se standvastige norme en waardes uitgeleef word.

Oefeninge: Maandae (Kwartale 1 & 2) by Noordelikes Tennisbane. Wedstryde: Waverley Tennisklub. Deelnamekoste: geen. Ons span skryf in vir die jaarlikse Gauteng-Noord O/19- en O/15-kampioenskappe en die interne JV-Champs.

 Laai oorspronklike PDF af

ONS BORGE