Hengel
Hengel
By HTS JV is daar altyd ’n aktiwiteit wat jou laat sweet, sing of swik — maar sedert 2025 het ons iets ingesluit vir dié wat verkies om te sit, staar en wag vir iets om te gebeur… hengel!
Ons het nou ’n aktiwiteit waar jy ’n dag by die water kan deurbring en dit tegnies “sport” kan noem. Die beste deel? Dis oop vir seuns én dogters.
Al wat jy nodig het is geduld, ’n visstok, en ’n goeie storie oor die groot een wat weggekom het.
Wie het gesê jy kan nie met ’n wurm in jou hand en ’n sonhoed op jou kop ’n kampioen wees nie? Dis kalm, komies en die perfekte manier om vis én vriende te vang.