012 332 1760 info@htsjv.co.za
HTS JOHN VORSTER

Robotika

Robotika action

Robotika-klasse vind in die middag plaas vanaf 14:00 tot 16:15. Beginners op Maandae, gevorderdes op Donderdae. Koste: R2 000 per jaar vir ongeveer 25 klasse van 2 ure elk. Ons gebruik die EV3-platform met LABVIEW-programmering soos in die nywerheid gebruik word.

Eerste-vlak leerplan. Beginners leer basiese motorbeheer, gebruik van raak-, lig-, ultrasoniese en Gyro-sensors, sowel as navigasie op plat oppervlak, hindernisvermyding, lynvolg en kleuridentifikasie. Hulle word ook bekendgestel aan basiese meganiese stelsels: ratsisteme, vat- en ligsisteme, hefbome en die invloed van wielgrootte op beweging.

Tweede-vlak leerplan. Gevorderde leerders leer om data vanaf sensors te manipuleer, voorkeuropsies (“arrays”) te skep om robotgedrag te beheer en komplekse, praktiese probleme outonoom op te los met die EV3-platform.

Kompetisie. Leerders neem jaarliks deel aan die World Robotic Olympiad (WRO), waar hulle hul vaardighede gebruik om praktiese probleme op te los. Elke jaar neem twee tot drie spanne deel aan die Nasionale WRO.

ONS BORGE