Positiewe Punte — Inligting
Oor die positiewe puntestelsel en Kobradag

1. Positiewe punte
- ’n Lys waarop aangedui word waarvoor positiewe punte toegeken word (sowel as hoeveel punte) is beskikbaar by die dissiplinekantoor — of sien die Erkenningslys.
- Wanneer leerders aan die nodige vereistes voldoen, word die akademiese punte deur die vakpersoneel ingelees.
- Die sport- en/of kultuurpunte word ingelees soos bepaal deur die organiseerder van daardie aktiwiteit. Dit word deur die afrigter — óf twee dae na afloop van die wedstryd/aktiwiteit, óf aan die einde van die seisoen deur die organiseerder of die aangewese persoon — ingelees.
2. Kobradag
Een keer per jaar
Die leerders word bederf met ’n dag van pret.
Top-100 per graad
Die top-100 leerders per graad word gekies volgens die aantal positiewe punte opgebou vanaf kwartaal 4 tot kwartaal 3 die volgende jaar. Graad 8-leerders word op slegs 3 kwartale se punte gekies.
Bydrae
Die leerder betaal ’n sekere bedrag (wat jaarliks bepaal word afhangend van die bestemming) om die dag mee te maak.
Toegang
Geen leerder wat nie op die lys is nie, mag self ry om die dag saam met die ander leerders mee te maak nie.