012 332 1760 info@htsjv.co.za
HTS JOHN VORSTER

Krieket

Krieket action

Krieket by HTS John Vorster bied aan elke speler die geleentheid om te groei, te presteer en hul volle potensiaal te bereik in ’n omgewing waar trots, tradisie en karakterontwikkeling hand aan hand gaan.

Ons is bevoorreg om jaarliks 6 spanne vir die Titans-liga in te skryf — ’n bewys van die diepte van talent en die geleenthede wat ons aan spelers bied. Ons eerstespan neem ook gereeld deel aan hoëvlak voorseisoentoernooie, waar hulle teen van die beste skole in die omgewing kompeteer.

’n Hoogtepunt op ons krieketkalender is ons jaarlikse Chris Steinmann Krieketreeks, wat al vir meer as 20 jaar ’n trotse tradisie in die Moot is. Skole soos HTS John Vorster, Hoërskool Montana, Hoërskool Wonderboom en Hoërskool Oos-Moot, pak mekaar in ’n mededingende reeks aan wat elke jaar groei in status en geesdrif.

Ons kernfokus is eenvoudig: elke speler moet speel, elke speler moet ontwikkel. Daarom sorg ons vir genoeg wedstryde/klinieke vir alle spanne en ouderdomsgroepe, gereelde gestruktureerde oefensessies (in die nette, asook op die kolfblad), en ’n sterk fokus op vaardigheidsontwikkeling en spelbegrip.

Ons belê ook in ons mense: ons afrigters word deurlopend opgelei sodat hulle spelers professioneel kan begelei en inspireer. Krieketoefening vind regdeur die jaar plaas deur die insette van erkende en professionele afrigters.

By HTS John Vorster gaan dit nie net oor krieket speel nie — dit gaan oor karakterbou, spanwerk en trots wees op ons skool.

 Laai oorspronklike PDF af

ONS BORGE