Enige oortreding, genoem in die Leerdergedragskode of Bylaag D al dan nie, kan op 'n gegewe tydstip afgegradeer word vanaf 'n vlak 1- tot vlak 4-oortreding na gelang van die erns van die oortreding.
Vlak 1 — Remediëring
Opvoeders rekordeer. Leerder en ouers ontvang 'n skrywe vir dringende bemoeienis (DK 1).
Vlak 2 — Remediëring
Dissiplinekantoor rekordeer. Leerder en ouers ontvang skrywe (DK 2). Herhaling kan na Vlak 3 oorspoel. Afsnypunt: −20 punte.
Vlak 3 — Skedule 1
Dissiplinekantoor. Leerder en ouers word genooi na 'n opvoedkundige gesprek met die BL-dissiplinekomitee (DK 3). Gevolg: remediërende ooreenkomste bv. kontrakte.
Vlak 4 — Skedule 2
Dissiplinekantoor. Leerders en ouers word genooi na 'n tribunaal wat op finale uitsetting deur die Departement kan dui (DK 4). Gevolg: sanksies. Afsnypunt: −40 punte.
Afwesigheidsvlakke
- Vlak 1: 10 dae en meer (OD 1)
- Vlak 2: 15 dae en meer (OD 2)
- Vlak 3: 20 dae en meer (OD 3)
- Vlak 4: 24 dae en meer — afwesigheidskontrakte
Voorbeelde van oortredings per vlak
| Vlak 1 |
Vlak 2 |
Vlak 3 |
Vlak 4 |
| Konflik & argumente teenoor 'n ander persoon; uitlok van argumente |
Boelie, treiter, stamp, stoei, intimidasie, dreig, aggressiewe optrede |
Bakleiery by skool; aanranding of dreigement van aanranding; gedrag wat veiligheid in gevaar stel |
Herhaaldelike gevegte, aanranding of mishandeling |
| Onbetaamlike taalgebruik / vloek / kru taal |
Herhalende onbetaamlike taalgebruik |
Geelkaart: taalgebruik / wys tekens / spoeg; disrespekvolle optrede teenoor opvoeder |
Disrespekvolle, oneerbiedige, afkeurenswaardige gedrag teenoor opvoeder of werknemer (vloek, stamp, dreig, teister, boelie) |
| Onderrig word gesteur in klas |
Klasontwrigting: ander leerders se onderrig benadeel |
Ernstige oortreding van skoolreël of gedragskode |
Herhaaldelike skending van skoolreëls / gedragskode |
| Foutiewe voorkoms / skooldrag tydens voorkomskontrole |
Rook / vape in skooldrag; geassosieer met rokers |
Rook / vape tweede keer en meer; onwettige optrede; vandalisme |
Herhaaldelike onwettige optrede; vernietiging of ontsiering van skooleiendom |
| Laat vir skool |
Herhalend laat vir skool |
Kriminele gedrag — diefstal of besit van gesteelde eiendom |
Herhaalende kriminele gedrag |
Laai die volledige stelsel af