012 332 1760 info@htsjv.co.za
HTS JOHN VORSTER

Atletiek

Atletiek action

JV-atletiek se sukses lê in die organisasie en bestuur deur toegewyde en bekwame atletiekkundiges. Ons program beklemtoon harde werk en die individuele ontwikkeling van elke atleet.

Spangees en toewyding word gevorm uit motivering, saamwerk, saamgroei en saamdream. HTS John Vorster neem deel aan die C-liga en die seisoen strek vanaf die eerste skooldag tot en met die voorafbepaalde Interhoog-datum, waarna dit weer in September hervat.

Oefeninge: Maandag tot Donderdag, 14:30–15:30 op die skool se sportveld en atletiekbaan. Tye word individueel deur die afrigters gereël om by atlete se ander sportverpligtinge in te pas.

Drag: JV-hemp en JV-broek, of JV-atletiekdrag (JV-atletiekrok en JV-skort).

ONS BORGE