012 332 1760 info@htsjv.co.za
HTS JOHN VORSTER

Skaak

By HTS John Vorster is skaak een van die sportsoorte waarin ons leerders uitstekend presteer.

Skaakoefeninge vind elke Dinsdag en Donderdag van 14:30–16:30 plaas. ‘n Professionele afrigter is in beheer van die oefeninge, wat inderdaad ’n wonderlike geleentheid vir al ons spelers is. Ons skaakafrigter is Mnr. Anton Goosen, wat Suid-Afrika tans in die Internasionale FIDE Wereldkampioenskappe in Albanië verteenwoordig.

HTS John Vorster het onlangs die voorreg gehad om vanaf 21–22 Maart 2026 die Tshwane Lebowski Ope Skaak Kampioenskappe tuis aan te bied. Ons het ook in 2025 aan die Gauteng Kampioenskappe deelgeneem en ’n agtste plek uit ongeveer 300 skole behaal.

Op 10 April 2026 het HTS John Vorster — met uitstekende uitslae — aan die Gauteng Provinsiale Streekskompetisie deelgeneem.

Ons skaakspan reik konstant na nuwe hoogtes en streef daarna om voort te gaan om uitstekend te presteer teen topskole soos St Alban’s College, Hoërskool Waterkloof, Prestige College en Pretoria Boys’ High School.

 Laai oorspronklike PDF af

ONS BORGE