By HTS John Vorster is IGO ’n verpligte vak vir alle leerders van Graad 8 tot 12 en vorm die grondslag van alle tegniese vakrigtings.
In hierdie vak leer leerders om tegniese tekeninge akkuraat en volgens standaard te teken. Leerders ontwikkel die vermoë om 2D-tekeninge as 3D-voorwerpe te visualiseer. Dit gee hulle die vaardighede om planne te lees en dit in ander tegniese vakke toe te pas.
IGO bou sterk werkgewoontes soos netheid, akkuraatheid en fokus. Hierdie vaardighede word direk gebruik in vakke soos meganiese tegnologie, elektriese tegnologie en siviele tegnologie, waar planne ’n belangrike rol speel. IGO is ideaal vir leerders wat belangstel in beroepe soos ingenieurswese, argitektuur, bouwerk en tegniese ambagte.
IGO bou die vaardighede wat elke tegniese leerder nodig het.