012 332 1760 info@htsjv.co.za
HTS JOHN VORSTER
Akademie / Elektries

Kragstelsels

Elektriese / Elektroniese Tegnologie — Spesialisering
Graad 10 – 12 Elektroniese Tegnologie

Kragstelsels behels toepassings van elektrisiteit in industrieë waar hooftoevoer in verskeie toepassings gebruik word.

In Graad 10 word die leerder aan gelykstroom (GS) en huishoudelike installasies bekend gestel. Die kringe, soortgelyk aan tipiese Suid-Afrikaanse wonings, soos vereis deur die SANS 10142, vorm die oorgrote meerderheid van dié kurrikulum.

In Graad 11 word die leerder aan ligte industriële enkelfase-toepassings bekendgestel — insluitend motors en transformators. Programmeerbare logikabeheerders (PLB) word in Graad 11 behandel en word in Graad 12 voortgesit.

In Graad 12 word daar gekonsentreer op die opwekking, verspreiding en toepassing van driefasewisselstroom in motors en transformators, asook PLB-beheer. Na voltooiing van die kragstelsel-spesialisering in Elektriese Tegnologie, behoort ’n leerder oor genoeg kennis van kragstelseltoepassings te beskik in enkel- en driefasewisselstroom.

Dit sluit installasies vanaf die verskaffer tot die verbruiker in met inagname van huishoudelike, ligte en swaar industriële motors, asook die beheer daarvan.

Enige leerder in Elektriese Tegnologie kan kies om ’n elektrisiën te word in die vervaardigingsektor (fokus op onderhoud en herstelwerk), of hy/sy kan fokus op elektriese installasies en masjinerie. Vir verdere opleiding sal ’n leerder ’n vakleerderskap in die plaaslike industrie kan volg, of tersiêre studie aan ’n universiteit met die korrekte vakkombinasies.

ONS BORGE