Wiskunde is van graad 8 tot 12 verpligtend by HTS John Vorster. In grade 10 en 11 mag ’n leerder kies tussen Wiskunde óf Tegniese Wiskunde. In graad 12 is Wiskunde óf Tegniese Wiskunde ook ’n verpligte vak.
Wiskunde bou die logiese denke en probleemoplossings vaardighede wat elke tegniese leerder nodig het. Die HTS wiskundedepartement fokus op deeglike begrip, genoeg oefening en gereelde terugvoer sodat leerders vertroue kry om die vak te bemeester.
Kyk die drie beelde hieronder vir ’n vinnige oorsig van hoe ons wiskunde en tegniese wiskunde aanbied.